Die Solidariteit Beweging kondig planne aan om Covid-19 te bestry

Die Solidariteit Beweging het vandag omvattende planne bekend gemaak om Covid-19 te bestry. Die Beweging het ook ʼn aanbod aan die regering gemaak om saam te werk om die verspreiding van die virus te keer en die impak van die drastiese maatreëls te versag.

Die planne behels onder meer ʼn korona-krisissentrum, samewerking met die regering se rampbestuursentrum, veiligheidstrategieë, maatskaplike ondersteuning aan gemeenskappe, hulp met opsporing, ondersteuning aan skole, ouers en leerlinge, hulp en inligting aan mense in werkplekke, en ondersteuning aan kunstenaars.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, kan Covid-19 ʼn nuwe wêreld inlui. Hierdie virus kan ʼn nuwe verwysingspunt in die wêreldgeskiedenis word. Dit kan ongelooflike ekonomiese en staatkundige gevolge hê. Die Solidariteit Beweging gaan in krisisbestuursrat,” het Buys gesê.

Die Solidariteit Beweging het ook bekend gemaak dat ʼn krisiskomitee op ʼn daaglikse basis sal vergader om aksieplanne volgens die nuutste inligting te implementeer.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die burgerlike samelewing deurslaggewend in die bekamping van die virus. Solidariteit het ook ʼn korona-krisissentrum in die lewe geroep wat veral mense in werkplekke gaan ondersteun.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die belangrikheid van samewerking beklemtoon. “Politieke en ideologiese verskille moet nou vir eers agtergelaat word. Suid-Afrika het nou een gemeenskaplike vyand en dit is Covid-19,” het hy gesê. Volgens Kriel is die regering se rampbestuursentrum reeds gekontak met ʼn aanbod om te help en saam te werk.

AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling het ook ʼn spesiale beheerkamer bekend gestel wat onder meer veiligheidsverwante uitdagings sal koördineer en sal help met opsporingspogings.

Die Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende hoof, Hannes Noëth, het sy kommer oor die maatskaplike gevolge van die drastiese stappe uitgespreek. Een voorbeeld is die 8 000 kleuters wat Solidariteit Helpende Hand elke dag kosgee wat skielik nie meer toegang tot maaltye het nie. Hy het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om te help om die dreigende maatskaplike krisis te help hanteer.

Die Skoleondersteuningsentrum het ook bekend gemaak dat die Wolkskool duisende video’s, vraestelle en werkkaarte tot einde Junie gratis beskikbaar sal stel om leerlinge te ondersteun om self by die huis te kan werk.

Daar is ook aangekondig dat spesiale stappe beoog word om kunstenaars te ondersteun.

Akademia het ook aangekondig dat hy steeds voortgegaan word met klasse op sy aanlyn platform.

Die Solidariteit Beweging se Covid-19-krisisplan in ʼn neutedop, is soos volg:

  1. Samewerking met die regering
    Daar is reeds uitgereik na die regering se nasionale gesamentlike rampbestuursentrum. Samewerking op provinsiale en plaaslike vlak word beplan.
  2. Solidariteit se korona-krisissentrum om werknemers te steun
    Werknemers kan hier alle werkverwante vrae en antwoorde, inligting oor die virus en algemene inligting kry. ʼn Spesiale krisislyn gaan ingestel word.
  3. AfriForum se sentrale veiligheidbeheersentrum
    Veiligheidskwessies gaan gekoördineer word. Moontlike onrus sal hanteer word. Algemene strategiese inligting sal ontvang en verwerk word.
  4. Hulp met opsporing
    AfriForum Veiligheid het reeds aangebied om die nasionale rampbestuursentrum te help met opsporing.
  5. Ekonomiese aktiwiteit
    Volledige planne om die ekonomie steeds te laat funksioneer gaan aan die regering voorgelê word. Solidariteit gaan met werkgewers in gesprek tree oor die balans wat tussen besigheid en veiligheid gehandhaaf moet word.
  6. Maatskaplike hulp
    Solidariteit Helpende Hand gaan 15 maatskaplike werkers landswyd gebruik om gemeenskappe in staat te stel om die maatskaplike uitdagings te bowe te kom weens die ingrepe om die virus te keer, en om siekte as gevolg van die virus te oorkom.
  7. Hulp aan skoliere en ouers
    Die Skoleondersteuningsentrum gaan tot 30 Junie duisende video’s, werkkaarte, vraestelle en ander hulpmiddels gratis op sy Wolkskool beskikbaar stel om skoliere in staat te stel om van die huis af te studeer.
  8. Inligting oor virus deur e-leer en webinare
    Solidariteit gaan deur sy S-leer-platform ’n reeks e-leerkursusse aanbied om kinders en volwassenes oor Covid-19 in te lig. Daar gaan ook weekliks webinare aangebied word.
  9. Ondersteuning aan die kunste
    Die FAK, Maroela Media, die Solidariteit Beroepsgilde vir die Kunste en Dapper Media gaan planne uitrol om kunstenaars te beskerm. Op kort termyn gaan gepoog word om te help om onmiddellike finansiële nood te verlig, maar op medium en lang termyn gaan gekyk word na elektroniese platforms en alternatiewe vorme van konserte.
  10. Nasionale krisiskomitee en interne aksie
    Die Solidariteit Beweging het ʼn nasionale krisiskomitee gevestig wat daagliks vergader en aksieplanne volgens die nuutste inligting sal aanpas. Die Beweging het ook alle internasionale reise gestop en binnelandse reise word tot die minimum beperk. Ingrypende maatreëls is in plek om te keer dat personeel die virus opdoen.

State of the Nation Address: Movement chooses to build rather than to rely on the state

In response to Pres. Cyril Ramaphosa’s State of the Nation Address, the Solidarity Movement today confirmed that, despite certain dubious intentions and promises made, it would continue to build community institutions and projects to ensure a free, safe and prosperous future for its members in South Africa.

The Movement, which consists of around 18 institutions, stated that while Pres. Ramaphosa has given the assurance that obstacles would be removed so that the private sector could thrive, and that state spending would be curtailed, government is still committed to implement policies that will cause irreversible damage to the economy such as expropriation without compensation and the implementation of national health insurance.

The Movement also believes that the ANC’s ideological rationale to give effect to the National Democratic Revolution by giving the state more power and by centralising more clashes directly with certain intentions revealed in the speech.

According to Francois Redelinghuys, communications manager of the Movement, the Movement is committed to make South Africa successful as a whole, and that the future cannot be left only to the government. “The government’s failures are clear for all to see. The decline in education, economic growth, safety, power supply and unemployment are merely a few examples of this since the previous State of the Nation Address,” Redelinghuys said.

“The SONA merely confirmed to the Movement once again that a future must be secured through community institutions rather than state dependence,” Redelinghuys concluded.

 

 

Staatsrede: Beweging kies om self te bou eerder as staatsafhanklikheid

Die Solidariteit Beweging het vandag in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede bevestig dat hy ongeag sekere twyfelagtige voornemens en beloftes wat gemaak is, steeds sal aanhou om gemeenskapsinstellings en projekte te bou om sodoende ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms in Suid-Afrika vir sy lede te verseker.

Die Beweging, wat uit sowat 18 instellings bestaan, het dit gestel dat alhoewel pres. Ramaphosa die versekering gegee het dat hindernisse uit die weg geruim sal word sodat die privaat sektor kan floreer en dat staatspandering ingeperk sal word, die regering steeds daartoe verbind is om beleide wat die ekonomie onomkeerbare skade gaan berokken soos onteiening sonder vergoeding en die implementering van die nasionale gesondheidsversekering uit te voer.

Die Beweging reken voorts dat die ANC se ideologiese begronding om die nasionale demokratiese rewolusie uit te voer deur die staat meer mag te gee en meer te sentraliseer lynreg teen sekere voornemens wat in die toespraak onthul is, indruis.

Volgens Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder van die Beweging, is die Beweging daartoe verbind om Suid-Afrika as ’n geheel suksesvol te maak, en dat die toekoms nie alleenlik aan die regering oorgelaat kan word nie. “Die mislukkings van die regering is duidelik vir almal om te sien. Die agteruitgang in opleiding, ekonomiese groei, veiligheid, kragvoorsiening en werkloosheid is maar net ’n paar voorbeelde daarvan sedert die vorige Staatsrede,” het Redelinghuys gesê.

“Die Staatsrede bevestig maar net weereens vir die Beweging dat ʼn toekoms deur middel van gemeenskapsinstellings eerder as staatsafhanklikheid verseker moet word,” het Redelinghuys afgesluit.

 

Solidarity Movement welcomes questions from the Netherlands about expropriation of land

The Solidarity Movement today welcomed the Dutch Foreign Minister Stef Blok’s request directed to the South African government to provide more information on the proposed expropriation of land without compensation.

Blok’s request for more clarity on the proposed amendment to the South African Constitution as well as the concerns associated with it was addressed to the South African Minister of International Relations and Cooperation, Naledi Pandor. This comes after the Dutch parliament last year passed a motion in which that parliament expressed its concern over the proposed land expropriation without compensation in South Africa. The motion also instructed the Dutch government to convey its displeasure about the matter to the South African government.

According to Jaco Kleynhans, the Solidarity Movement’s head of international liaison, the Movement held talks with six political parties in the Dutch parliament last year. The outcome of the liaison was that the motion was proposed by two parties and accepted by a majority of members of parliament. “Since then, we have been engaging with Dutch politicians on an ongoing basis to ensure their government would pressure the South African government as far as this matter is concerned.”

According to Kleynhans, the South African government is conducting a campaign abroad to pacify and deceive so as to reassure its trade partners about the proposed constitutional amendments. “We also visited the European Parliament in Strasbourg in November last year and had discussions with 14 political parties in seven countries in Europe. It was clear that the South African government was trying to placate European governments and politicians about the proposed amendments to the Constitution.

The Solidarity Movement is also approaching the parliaments of other European countries as well to initiate similar motions against the proposed constitutional amendment. AfriForum, which is part of the Solidarity Movement, will visit the USA later this month to raise awareness for, among other things, the planned amendments to the constitution. “Our goal is to convince as many foreign countries as possible to pressure the South African government not to proceed with the constitutional amendments. Land expropriation without compensation and a further erosion of property rights in South Africa will lead to more severe economic problems for our country. Foreign investment will be further prejudiced,” Kleynhans concluded.

Solidariteit Beweging verwelkom Nederland se vrae oor grondonteiening

Die Solidariteit Beweging het vandag die Nederlandse minister van buitelandse sake, Stef Blok, se versoek aan die Suid-Afrikaanse regering om meer inligting oor die beplande grondonteiening sonder vergoeding te gee, verwelkom.

Blok se versoek om meer duidelikheid oor die beplande wysiging van die Suid-Afrikaanse Grondwet te kry en die gepaardgaande kommer oor eiendomsreg in die land, is aan die Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake, Naledi Pandor, gerig. Dit volg nadat die Nederlandse parlement verlede jaar in Julie ʼn mosie aanvaar het waarin die parlement sy kommer oor die beplande grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika uitgespreek het. In die mosie word die Nederlandse regering ook opdrag gegee om sy misnoeë hiermee teenoor die Suid-Afrikaanse regering uit te spreek.

Volgens Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, het dié organisasie verlede jaar met ses politieke partye in die Nederlandse parlement samesprekings gevoer. Die resultaat van die skakeling was dat die mosie deur twee partye voorgestel en deur ʼn meerderheid van parlementslede in die parlement aanvaar is. “Sedertdien skakel ons voortdurend met Nederlandse politici om seker te maak dat hul regering druk op die Suid-Afrikaanse regering oor dié aangeleentheid plaas.”

Volgens Kleynhans voer die Suid-Afrikaanse regering ʼn paai-en-misleidingsveldtog in die buiteland om belangrike handelsvennote gerus te stel oor die beplande grondwetwysigings. “Ons het ook in November verlede jaar die Europese Parlement in Straatsburg  besoek en daar met 14 politieke partye van sewe Europese lande samesprekings gevoer. Dit was duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering Europese regerings en politici probeer paai oor die beplande grondwetwysigings.”

Die Solidariteit Beweging is reeds besig om nog parlemente in Europese lande te nader om ook in dié lande mosies teen die beplande wysigings te inisieer. AfriForum, wat deel van die Solidariteit Beweging is, besoek die VSA later vandeesmaand om ook daar bewustheid oor onder meer die beplande grondwetwysigings te bevorder. “Ons doelwit is om soveel as moontlik oorsese lande te oortuig om druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen om nie met die grondwetwysigings voort te gaan nie. Grondonteiening sonder vergoeding en ʼn verdere wegkalwing van eiendomsreg in Suid-Afrika sal tot groter ekonomiese probleme vir ons land lei. Buitelandse investering sal verder benadeel word,” het Kleynhans afgesluit.

Head of Land Committee proves land expropriation is about power

The Solidarity Movement today strongly criticised statements by the ANC, namely that the executive must decide when expropriation without compensation (EWC) is permissible, as this confirms that this process is not about land but about power.

This came after the chairperson of the Parliamentary Ad Hoc Committee tasked with amending section 25 of the Constitution, Mathole Motshekga, said in a recent interview on eNCA that the ANC disagreed with the current bill, which they themselves had tabled, and which gives the courts the authority to decide when zero compensation may be permitted. The ANC believes that the executive authority should rather have this power, as court processes take time and South Africans cannot wait another 25 years to tackle the issue of land.

“It is a major cause for concern that the ANC is continuing to hijack EWC by placing this process in the hands of the president and his cabinet. These statements once again prove that the ANC’s only priority is the acquisition of absolute power. Therefore, expropriation without compensation should be opposed unconditionally, irrespective of whether this power is vested in the courts or the executive. The illusion that an ideological separation of powers exists between the three legs of government is just that – an illusion,” said Francois Redelinghuys, Communications Manager of the Solidarity Movement.

“However, Motshekga hereby creates the illusion that land ownership is a crucial issue for South Africans and that the process must be accelerated, which is contrary to the Department of Rural Development and Land Reform’s own findings that 94,7% of people in the land reform process prefer monetary compensation over land ownership.  The Institute of Race Relations also found in 2019 that only 6% of people believe land reforms should be one of the government’s top priorities. This confirms that EWC is not all that important to citizens, but rather a way for the ANC to award itself the power to legally steal from all of us,” Redelinghuys explained.
Motshekga further explained how this change will be made through legitimate procedures, such as public hearings and the input of other political parties – as this is not just an ANC process.

“The ANC’s assurance that procedures will be followed is not really reassuring. In 2019, in the midst of the public hearing process, President Ramaphosa actually announced that the ANC will continue with EWC – despite the fact that written public input overwhelmingly opposed EWC. This example serves as proof that the ANC will not hesitate to steamroll fair procedures and opposition in pursuit its own interests,” Redelinghuys explained.

“Expropriation without compensation will give the government the power to deprive us of one of the pillars of freedom. This gross violation of property rights must be opposed in principle, regardless of how it is administered,” Redelinghuys argued.

Redelinghuys confirmed that institutions of the Movement, including AfriForum and Solidarity, will submit written comments in opposition to the proposal.

Hoof van grond-komitee bewys grondonteiening gaan oor mag

Die Solidariteit Beweging het vandag met hewige kritiek gereageer teen die ANC se uitlatings, naamlik dat die uitvoerende gesag moet besluit wanneer onteiening sonder vergoeding (OSV) toelaatbaar is, want dit bevestig dat hierdie proses nie oor grond handel nie, maar oor mag.

Dit kom nadat die voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee getaak met die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, Mathole Motshekga, in ʼn onlangse onderhoud op eNCA gesê het dat die ANC nie saamstem met die huidige wetsontwerp, wat hulle self ter tafel gelê het, en wat howe die gesag gee om te besluit wanneer nul vergoeding toegelaat kan word nie. Die ANC meen dat die uitvoerende gesag eerder oor hierdie mag moet beskik, aangesien hofprosesse tydsaam is en Suid-Afrikaners nie nog 25 jaar kan wag om die kwessie van grond aan te pak nie.

“Die ANC se voortsetting daarvan om OSV te kaap deur hierdie proses in die president en sy kabinet se hande te plaas, is onrusbarend. Hierdie uitlatings bewys weereens dat die ANC se enigste prioriteit die verkryging van absolute mag is. Daarom moet onteiening sonder vergoeding ongekwalifiseerd teengestaan word, hetsy dié mag by die howe of die uitvoerende gesag gesetel is. Die illusie dat daar ‘n ideologiese skeiding van magte tussen die drie bene van die regering bestaan, is buitendien doodgebore,” meen Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder van die Solidariteit Beweging.

“Hiermee skep Motshekga egter die illusie dat grondbesit ʼn kwessie van kardinale belang vir Suid-Afrikaners is wat versnel moet word. Dit is in teenstelling met die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming se eie bevindings dat 94,7% van mense in die grondhervormingsproses geldelike vergoeding bo grondbesit verkies. Die Instituut vir Rasseverhoudings het verder in 2019 bevind dat slegs 6% van mense glo dat grondhervorming een van die regering se topprioriteite moet wees. Dit bevestig dat OSV nie vir landsburgers belangrik is nie, maar eerder ʼn wyse is waarop die ANC aan homself die mag toeëien om wettiglik by ons almal te steel,” verduidelik Redelinghuys.
Motshekga het verder verduidelik hoe hierdie verandering deur legitieme prosedures – soos openbare verhore en die insette van ander politieke partye – aangebring sal word, aangesien hierdie nie slegs ʼn ANC-proses is nie.

“Die ANC se versekering dat prosedures gevolg gaan word, is nie juis gerusstellend nie. In 2019 het president Ramaphosa reeds in die middel van die openbare verhoorproses aangekondig dat die ANC voortgaan met OSV – dit ten spyte van die feit dat geskrewe openbare insette OSV oorweldigend teengestaan het. Hierdie voorbeeld dien as bewys dat die ANC nie sal skroom om oor billike prosedures en teenkanting te stoomroller in die najaag van sy eie belange nie,” verduidelik Redelinghuys voorts.

“Onteiening sonder vergoeding sal die regering die mag gee om een van die steunpilare van vryheid van ons te ontneem. Hierdie growwe skending van eiendomsreg is iets wat in beginsel teengestaan moet word, ongeag hoe dit geadministreer word,” meen Redelinghuys.

Redelinghuys het bevestig dat instellings van die Beweging, waaronder AfriForum en Solidariteit, skriftelike kommentaar sal indien om die voorstel teen te staan.

2020 is die jaar van bou en beskerm

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het onlangs gestel dat die begin van hierdie jaar nie gekenmerk word deur die positiwiteit waarmee die aanbreek van ʼn nuwe dekade gewoonlik begroet word nie. Hoewel mense bekommerd is oor die komende jaar kan ons dit nie bekostig om die agteruitgang in gelatenheid te aanvaar nie. Buys verduidelik hoe ons in 2020 dít wat belangrik is, moet bewaar en die toekoms wat ons wil sien, gaan uitbou.

Talle aspekte van ons lewens moet teen ons sosialistiese regering beskerm word en daarvan is die markekonomie die eerste. Kapitalisme handel in wese oor die vryheid om te produseer en te verbruik wat jy wil. Die ANC wil egter die vrye mark bestuur en besit deur aan 56 miljoen mense aalmoese te belowe, maar wil slegs 3 miljoen belastingbetalers vir die befondsing daarvan gebruik. Ons moet meer aanvallend begin optree teen dié versmoring van die vrye mark.

Ons moet gesondheidsorg beskerm teen nasionalisering. Suid-Afrika het nie ʼn mediese krisis nie, maar eerder ʼn ekonomiese krisis wat getakel moet word. Daarom moet ons die privaat sektor bewaar, die ekonomie laat groei en die regering se inmenging in nóg ʼn aspek van ons lewens beveg.

Afrikaners se geskiedenis moet beskerm word teen diegene wat dit wil kriminaliseer. Ons voorouers was gewóne mense wat in ongewone omstandighede buitengewone prestasies behaal het. Hulle was nie uitsluitlik goed of boos nie. Die regering se geheue oor die verlede is egter veel sterker as hul visie vir die toekoms en hul vertolking van die verlede beïnvloed hul beleid vir die toekoms. Dit is daarom ons verantwoordelikheid om ʼn eerlike opvatting van die verlede te bewaar, terwyl ons ons toekoms voortbou.

Namate die staat misluk, moet ons ook alternatiewe bou. Die alternatief vir die agteruitgang van openbare onderrig is wêreldklas- private onderrig. Daarom word Sol-Tech en Akademia gebou as privaat alternatiewe vir tersiêre opleiding. In die lig van die verval van openbare onderwys beoog die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool ook om gevorderde tegnologie te gebruik as bekostigbare private oplossing om gehalteonderrig te kan bied.

Een van die belangrikste aspekte waaraan daar gebou moet word, is die Afrikaner se kulturele selfvertroue. ʼn Mens hoor bykans net van dit alles wat sleg is aan Afrikaners. Dit is egter belangrik om eerlik te wees oor ons geskiedenis in die konteks van die tyd en te verstaan dat elke geslag verantwoordelik is vir sy éie tydperk. So ook moet ons verantwoordelikheid neem vir óns tydperk, meer van onsself verwag, ons moue oprol en dit bou wat ons tot stand wil bring. Ons moet die nodige selfvertroue aan die dag lê om onsself op die regte manier te laat geld en die kulturele infrastruktuur te bou wat noodsaaklik is vir ons voortbestaan –dít terwyl goeie verhoudinge met ander gemeenskappe en mense behou word.

Luister hier na hoe Buys dié 2020-strategie onlangs op Pretoria FM verduidelik:

Ons bly, maar gaan nie stilbly nie!

Solidariteit Beweging maak omvattende blyplan bekend

 

Die Solidariteit Beweging gaan eerskomende Donderdag tydens ‘n toekomsberaad ‘n omvattende blyplan in Pretoria bekend maak. Die multimiljardrand-plan sluit opleidingsinstellings, skole, veiligheidsnetwerke, werkplanne, kultuurplanne, ʼnmaatskaplike strategie, media-instellings, internasionale steunwerwing en meer in.

Die 2030-blyplan is die mees omvattende selfbestuursplan wat nóg deur die Afrikanerkultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap bekend gemaak is.

Daar word beplan om bykans R8 miljard se kapitaal vanaf 2020 tot 2030 daarvoor te mobiliseer. Daar word voorsien dat tienduisende mense elk ‘n bietjie sal gee. Solidariteit-lede gee reeds R10 per maand.

‘n Nuwe eiendomsbeleggingsmaatskappy, Kanton, gaan ook gestig word waar beleggers teen ʼn opbrengs in die eiendomme kan belê. Daar word ook beplan om Virseker verder uit te bou en ander besigheidsinisiatieweword in die vooruitsig gestel.

“Ons is bekommerd daaroor dat talle mense emigreer en/of vervreemd is van die land. Baie Afrikaners voel nie meer tuis nie. Talle voel dat, alhoewel hulle nie die land verlaat het nie, die land hulle verlaat het. Die doel van ons 2030-plan is om Afrikaners en die breë Afrikaanse gemeenskap weer tuis te laat voel in Suid-Afrika. Ons gaan bou om te bly. Staatsbestuur in Suid-Afrika het misluk en die tyd van selfbestuur het aangebreek,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê.

‘n Konsentrasiestrategie maak ‘n groot deel van die 2030-plan uit. Die Solidariteit Beweging het 30 ankerdorpe geïdentifiseer waarheen Afrikaners natuurlik trek. Daar word voorsien dat 67% van Afrikaners in 2030 in dié ankerdorpe sal wees en 95% van Afrikaners sal binne twee ure se ry van die ankerdorpe bly.

“Afrikaners en Afrikaanssprekendes se probleem is nie hulle getalle nie, maar hulle yl verspreiding. In die 30 ankerdorpe gaan ons die gemeenskap help om gemeenskapsdienste soos skole, mediese klinieke, veiligheidstrukture, tersiêre, maatskaplike strukture, opleidings- en werknetwerke te vestig. Hoe meer gekonsentreerd Afrikaners bly hoe meer kan die gemeenskap self verantwoordelikheid neem. Ons konsentrasiestrategie is nie vreemd nie. In die res van die wêreld is dit algemene praktyk,” het Buys gesê.

Die plan maak ook meer inligting oor Akademia, die Beweging se nuwe hoëronderwysinstelling, bekend. Volgens die plan beplan Akademia om tussen 30 en 40 nuwe grade te akkrediteer, en gaan ‘n nuwe kampus gebou word wat 6 000 studente kan akkommodeer. Nog Akademia-sentrums gaan dwarsoor Suid-Afrika geopen word sodat almal wat in, of in die omgewing van ankerdorpe bly, toegang tot tersiêre studie kan kry.

Die plan maak ook meer besonderhede bekend oor die bou van die nuwe Sol-Tech-kampus, asook planne om ʼnnuwe Afrikaanse skoolstelsel saam met vennote te ontwikkel. Die Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum het bekend gemaak dat reeds R200 miljoen se studiehulp aan 5 000 studente uitbetaal is. Daar word beplan om die beursplatform tot R1 miljard uit te bou.

“Deur hierdie reuseblyplan stuur ons ‘n sterk boodskap uit namens die miljoene mense wat hier gaan bly. Ons bly hier, maar ons gaan nie stilbly of stilsit nie. Al die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging gaan werk om ‘n toekoms te skep waar die Afrikanerkultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap vry, veilig en voorspoedig kan wees. Ons geskiedenis wys dat ons nie klein plannetjies maak nie. Ons maak groot planne en voer dit uit,” het Buys gesê.

Solidariteit het ook bekend gemaak dat hy ‘n netwerk van beroepsgildes gaan vestig. Verdere regstappe en internasionale klagte teen die regering se beleid van rassekwotas word beplan. Daar word ook bekend gemaak dat nasionale gesondheidsversekering en planne om pensioenfondse te gebruik om sukkelende staatsondernemings te help, aktief teengestaan gaan word. Groter planne vir wettige belastingprotes en optrede teen belastingplunderaars is ook in die 2030-plan ingesluit.

Buys sê verder dat kulturele selfbestuur en selfstandigheid die onderliggende strategie van die hele plan is. Gemeenskappe moet meer selfverantwoordelikheid neem. Ons kan nie toelaat dat die staat ons toekoms bepaal nie. Ons wil die reg hê om self te kan besluit.

‘n Ander kernelement van die blyplan is veiligheid. AfriForum beplan om 200 gemeenskapsveiligheidstrukture te vestig en 20 000 buurtwaglede voor 2030. ʼn Sekuriteitsmaatskappy, wat gaan help met beveiliging, gaan ook gevestig word.

Volgens die Solidariteit Beweging is al sy planne binne die raamwerk van die Grondwet wat aan taal- en kultuurgemeenskappe die reg gee om verengings of ander organe van die burgerlike gemeenskap te stig. In die verslag skryf die Solidariteit Beweging dat hy nie besig is om homself te isoleer nie, maar dat die Beweging juis optree in reaksie op isolering en uitsluiting deur die owerheid.

 

 

Movement announces Future Summit – the road to 2030

The greater Solidarity Movement, including Solidarity, AfriForum, Helping Hand and the FAK, today announced that it will soon host a second Future Summit on 10 October 2019 where plans for the future of 2030 will be revealed.

This Future Summit follows the first one held in 2015, where plans for 2020 was made and revealed. However, the goals set in 2015 have already been reached before the end of this five-year period and further plans for the future are now essential.

According to Francois Redelinghuys, communication manager of the Solidarity Movement, it is pleasant to announce that the plans of the several institutions introduced by the Movement in 2015, was reached before the end of the five-year period. According to Redelinghuys this shows that the Movement not only talks but takes action.

“However, the work cannot stop now. There is growing concern that the deterioration of the state is busy gaining momentum, and the active exclusion Afrikaners experience on all fronts can only be addressed through practical self-management,” explained Redelinghuys.

“The Movement and all its institutions are therefore working hard on plans for the future where the Afrikaner and the Afrikaans language community can live free, safe and prosperous in South Africa,” said Redelinghuys.

“However, these plans cannot be realised without communities that are actively involved. Therefore, we are hosting a massive summit where all members and supporters from the institutions of the Movement are invited to come together to think and share plans to build a future for us and the next generation,” concluded Redelinghuys.

 

Inleiding
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 5
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 12
Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 25
Hoofstuk 27
Hoofstuk 28
Hoofstuk 31
Hoofstuk 32
Hoofstuk 34
Slot

Geskiedenisfonds

ʼn Fonds wat help om die Afrikanergeskiedenis te bevorder.

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en die trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand fokus op maatskaplike welstand en dié organisasie se groter visie is om oplossings vir die hantering van Afrikanerarmoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand se roeping is om armoede deur middel van gemeenskapsontwikkeling op te los. Solidariteit Helpende Hand glo dat mense ʼn verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap het.

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die idees van die Afrikaner-Helpmekaarbeweging van 1949 met ʼn besondere fokus op “help”, “saam” en “ons.”

Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in

Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

AfriForumTV

AfriForumTV is ʼn digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud aan lede en nielede bied. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hul eie huis op hul televisiestel, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-app gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ʼn kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak deur films en fiksie- en realiteitsreekse te bied. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en is die tuiste van Afrikaanse niefiksie-, Afrikanergeskiedenis- én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het onlangs sy fokus verskuif en gaan voortaan slegs interne publikasies van die Solidariteit Beweging publiseer.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deel van die Solidariteit Beweging vorm. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels en ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

De Goede Hoop-koshuis

De Goede Hoop is ʼn moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Dit is in Pretoria geleë.

De Goede Hoop bied ʼn tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ʼn passie vir Afrikaans; ʼn tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

Studiefondssentrum

DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST (HHST) is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studie moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 6 300 behoeftige studente se studie moontlik gemaak met ʼn totaal van R238 miljoen se studiehulp wat verleen is.

S-leer

Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer het ten doel om werkendes met die bereiking van hul loopbaandoelwitte by te staan deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waarin relevante temas aangebied en bespreek word.

Solidariteit Jeug

Solidariteit Jeug berei jongmense voor vir die arbeidsmark, staan op vir hul belange en skakel hulle in by die Netwerk van Werk. Solidariteit Jeug is ʼn instrument om jongmense te help met loopbaankeuses en is ʼn tuiskomplek vir jongmense.

Solidariteit Regsfonds

ʼn Fonds om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit Boufonds

ʼn Fonds wat spesifiek ten doel het om Solidariteit se opleidingsinstellings te bou.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, finansiële sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder. SFD doen dit deur middel van mededingende finansiële dienste en produkte, in Afrikaans en met uitnemende diens vir ʼn groter doel aan te bied.

Ons Sentrum

Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit twee mediese ondersteuningsprojekte en drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek in die Strand, Derdepoort en Volksrust. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter- en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums altesaam 158 kinders in die onderskeie naskoolsentrums, terwyl Ons Plek in die Strand 9 kleuters en Ons Plek in Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou.

Die SOS se doel is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied en wat tred hou met die nuutste navorsing en internasionale beste praktyke.

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Akademia

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.

Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.

AfriForum Publishers

AfriForum Uitgewers (previously known as Kraal Uitgewers) is the proud publishing house of the Solidarity Movement and is the home of Afrikaans non-fiction, products related to the Afrikaner’s history, as well as other prime Afrikaans products. The publisher recently shifted its focus and will only publish internal publications of the Solidarity Movement from now on.

Maroela Media

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter vorm die kern van sy redaksionele beleid.

Kanton Beleggingsmaatskappy

Kanton is ʼn beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.

Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap teen ʼn goeie opbrengs te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

Wolkskool

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Wolkskool bied ʼn platform waar leerders 24-uur toegang tot video-lesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assessering kan kry.

Ajani

Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied.

Ajani is a registered private company that offers placement opportunities to artisan students in particular.

Begrond Instituut

Die Begrond Instituut is ʼn Christelike navorsingsinstituut wat die Afrikaanse taal en kultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

Sakeliga

ʼn Onafhanklike sake-organisasie

Pretoria FM en Klankkoerant

ʼn Gemeenskapsgebaseerde radiostasie en nuusdiens

Saai

ʼn Familieboer-landbounetwerk wat hom daarvoor beywer om na die belange van familieboere om te sien deur hul regte te beskerm en te bevorder.

Ons Winkel

Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkels. Daar is bykans 120 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

AfriForum

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekende mense en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

AfriForum is ʼn nieregeringsorganisasie wat as ʼn niewinsgewende onderneming geregistreer is met die doel om minderhede se regte te beskerm. Terwyl die organisasie volgens die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, fokus AfriForum spesifiek op die regte van Afrikaners as ʼn gemeenskap wat aan die suidpunt van die vasteland woon. Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom of haar met die inhoud van die organisasies se Burgerregte-manifes vereenselwig, kan by AfriForum aansluit.