Ongebreidelde misdaadvlakke
Misdaad het toenemend een van die grootste probleme geword wat Suid-Afrika in die gesig staar, veral geweldsmisdaad. Suid-Afrika se moordsyfer is sedert 2000 ver bo die wêreldgemiddelde. In 2012 was die wêreldkoers 6,2 per 100 000 bevolking. In die tydperk tussen 2000 en 2015 het die Suid-Afrikaanse gemiddelde tussen 29,9 op die laagste en 48,5 op die hoogste gewissel. Dit beteken dat die gemiddeld in Suid-Afrika tussen vyf en agt keer die wêreldgemiddeld was. ’n Moordsyfer van meer as 20 per 100 000 populasie word deur die Verenigde Nasies se kantoor vir dwelmmisbruik en misdaad as hoog beskou. Voorts is Suid-Afrika sedert 2000 in die globale top-10 vir sy moordsyfer, behalwe vir twee jaar.
Die totale aantal misdade wat in ’n jaar in Suid-Afrika aangemeld word, is sowat 2,2 miljoen. Dit was die geval vir omtrent die afgelope 10 jaar. ’n Verslag van 2014 deur die Departement van Justisie het die vervolgingskoers van agt groot polisiestasies nagevors. Dit het getoon dat 75% van sake oor geweldsmisdade nie hof toe gegaan het nie en dat 10% van sake uit die hof teruggetrek is. Slegs 5,7% van misdade het tot suksesvolle skuldigbevinding gelei en 5,4% het tot vryspraak gelei. Dit beteken dat ’n verbysterende 94% van geweldsmisdade geen optrede teen die misdadiger tot gevolg gehad het nie. Met geweldsmisdade wat aan die toeneem is, is dit ’n onaanvaarbare probleem.
Die mees onlangse vrystelling van misdaadstatistiek (Maart 2021) toon dat misdaad, ondanks inperkings en ’n pandemie, steeds toegeneem het, met moord en verkragting wat op ’n jaar tot jaar basis toegeneem het. Terselfdertyd het die Suid-Afrikaanse regering begrotingsbesnoeiings vir die polisiediens aangekondig, en boonop het die minister van polisie wetgewing voorgestel wat daarop gemik is om dit onwettig te maak om ’n vuurwapen vir selfverdediging te besit.[1] [2]
Onluste en plundering in 2021
Op 7 Julie 2021 het die voormalige president van Suid-Afrika, Jacob Zuma, homself oorhandig aan die owerhede om in die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal gevange geneem te word weens minagting van die hof.[3] Na maande se regstryd en ’n onwrikbare weiering om voor die Zondo-kommissie – ’n kommissie wat saamgestel is om staatskaping te ondersoek – te verskyn, is daar bevind dat Jacob Zuma die hof minag omdat hy hofbevele wat deur die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika aan hom uitgereik is om te getuig, verontagsaam het.
Weens sy vorige stand en sy bekendheid, het die Konstitusionele Hof beveel dat Jacob Zuma in hegtenis geneem moet word vir minagting van die hof om ’n duidelike boodskap aan ander amptenare te stuur, wat dit mag oorweeg om te weier om voor die Zondo-kommissie te getuig.
Nadat hy in hegtenis geneem is, het grootskaalse oproere en plundering op 9 Julie 2021 in KwaZulu-Natal uitgebreek. Aanvanklik het die plundering beheersd voorgekom, maar dit het vinnig geëskaleer in die afwesigheid van enige betekenisvolle polisie-ingryping. Teen die aan van Sondag 11 Julie 2021 is daar grootskaalse plundering by verskeie winkelsentrums en woongebiede aangemeld.[4]
Teen Maandag, 12 Julie 2021 het die geweld buite beheer geraak met verskeie winkelsentrums en winkels wat gedwing is om toe te maak. Plunderaars het hoofsaaklik kruideniersware- en drankwinkels. Die aand van 12 Julie 2021 het president Ramaphosa die Suid-Afrikaanse publiek toegespreek en die plunderaars gepleit om te stop. Terwyl hy sy toespraak gelewer het, het die plundery onverpoosd voortgegaan terwyl die Suid-Afrikaanse Polisiediens heeltemal afwesig was.
Uiteindelik het gemeenskappe met buurtwagte saamgespan en bekwame mans wat impromptu toegangsbeheerpunte beman en hulle eiendom teen plundering verdedig het. [5] [6]
Die veiligheidsmagte van die Suid-Afrikaanse staat was heeltemal onvoorbereid betrap en ná toenemende openbare druk moes president Ramaphosa die Suid-Afrikaanse Weermag ontplooi om die wydverspreide plundering te probeer bedwing.
Alhoewel die plundery tot ’n mate toe na Gauteng versprei het, was dit meer beheersd en heelwat minder vernietiging het daar plaasgevind as in KwaZulu-Natal.
Die regering het aangedui dat hulle glo die plundery was ’n mislukte opstand, met die president self wat gestel het dat die Suid-Afrikaanse regering ’n poging tot opstand onderdruk het. [7]
Verskeie individue wat met die staat se veiligheidsorganisasies verbind is, is in die nasleep van die oproere gearresteer vir beweerde “aanhitsing tot opstand”.[8] Tot op hede het daar nog geen vervolgings op die arrestasies gevolg nie.
[1] https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2021-02-19-crime-stats-murder-and-rape-increased-in-past-three-months/
[2] https://www.biznews.com/undictated/2021/05/25/firearm-licence
[3] https://www.bbc.com/news/world-africa-57758540
[4] https://www.bbc.com/news/world-africa-57797007
[5] https://www.sowetanlive.co.za/news/south-africa/2021-07-15-community-checkpoints-set-up-to-prevent-looting-are-illegal-and-recipe-for-disaster/
[6] https://www.news24.com/news24/southafrica/news/unrestsa-communities-rally-to-protect-businesses-and-livelihoods-20210714
[7] https://www.sanews.gov.za/south-africa/president-ramaphosa-attempted-insurrection-failed-gain-popular-support
[8] https://mg.co.za/news/2021-07-20-six-instigators-arrested-as-insurrection-investigation-in-kwazulu-natal-and-gauteng-gains-momentum/