Internasionale kultuurnetwerke
Die FAK beoog om in 2024 kultuurnetwerke in die buiteland te vestig en om Geloftefeeste na herdenkings in die buiteland uit te brei. In Suid-Afrika is 35 kultuurnetwerke die afgelope drie jaar oor die land heen gestig waardeur vrywilligers hul Afrikanererfenis bewaar.
Internasionale Afrikaans-Ekspo
Die Internasionale Afrikaans-Ekspo se tema vir 2024 is “toekoms”. Daar is tien verskillende kategorieë waarin gr.4- tot gr.12-leerders, sowel as studente kan deelneem. Alles in Afrikaans.
Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade
Die Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade word weer in 2024 vir laer- en hoërskole aangebied met die Presidente-tydperk (1846 – 1888) as tema. Die fokus van dié olimpiade val op die Eerste Vryheidsoorlog en die Anglo-Boereoorlog.