AfriForum is ʼn burgerregteorganisasie sonder winsoogmerk wat op 26 Maart 2006 tot stand gekom het. Dié organisasie is gestig om Afrikaners buite die partypolitiek tot deelname aan die openbare debat en aksies op te roep. AfriForum is nie ʼn gewone organisasie nie; dit is ʼn voertuig om vir ons en ons nageslag ʼn beter toekoms te skep deur AfriForum se driebeensuksesresep vir hoop uit te voer. Die driebeensuksesresep is roeping, uitvoerende vermoë en ons veg-en-bou-plan.